Ons kliënt is op soek na 'n jong, dinamiese en doelgedrewe administratiewe dame om hul span te versterk. Die ideale kandidaat moet netjies wees op haarself, sterk rekenaarvaardighede hê, en graag in 'n professionele omgewing wil groei. Vereistes: Tussen 18 en 25 jaar oud. Heeltemal rekenaarvaardig, met uitstekende kennis van MS Office (Word, Excel, PowerPoint). Sterk organisasie- en tydsbestuursvaardighede. Uitstekende kommunikasievaardighede, beide mondelings en skriftelik. Betroubaar, netjies op haarself, en professioneel in haar benadering. Doelgedrewe en in staat om onafhanklik en in 'n span te werk. Verantwoordelikhede en Pligte: Hantering van algemene administratiewe take soos e-posse, telefoonoproepe, en skedulering van afsprake. Bestuur en opdatering van dokumente en lêers in 'n georganiseerde stelsel. Verskaf ondersteuning met data-invoer, verslagdoening en kantoor administrasie. Versorging en organisasie van die ontvangsarea; verwelkom kliënte en besoekers op 'n professionele wyse. Berei korrespondensie voor, insluitend briewe en e-posse, en help met die opstel van verslae. Koördineer inkopies vir kantoorbenodigdhede en verseker dat voorraad op datum is. Ondersteun die bestuur en ander spanlede met administratiewe take soos benodig. Handhaaf 'n hoë standaard van netheid en professionele voorkoms. Hoe om aansoek te doen: Stuur jou CV en enige Kwalifikasies met die onderwerp "Aansoek: Admin Dame - Witrivier"