Ons is op soek na ‘n gemotiveerde en hardwerkende Junior Rekenmeester om by ons span in Morningside aan te sluit. Hierdie pos is ideaal vir ‘n onlangse matriekafgevaardigde wat ‘n loopbaan in rekeningkunde wil begin. Geen vorige ondervinding is nodig nie – net die regte houding en ‘n begeerte om te leer!
Sleutelvereistes:
- Matrieksertifikaat
- Moet instaat om bankstate op Pastel te verwerk
- ‘n Passie vir rekeningkunde en getalle.
- Geen vorige ervaring benodig nie; opleiding sal verskaf word.
- Vloeiend in Afrikaans en Engels.
- Rekenaargeletterdheid en ‘n basiese begrip van Microsoft Office (Excel en Word) is ‘n voordeel.
- Sterk organisatoriese vaardighede en aandag aan detail.
- Betroubare, stiptelike en bereid om in ‘n span te werk.
Wat Ons Bied:
- R8,500 - R22000 pm afhanghend van kwalifikasies en ondervinding
- Opleiding en ondersteuning om jou rekenmeesterloopbaan te ontwikkel.
- ‘n Ondersteunende werksomgewing waar jy sal leer en groei.
- Geleenthede om ondervinding op te doen in finansiële bestuur en boekhouding.
Verantwoordelikhede:
- Basiese boekhoudkundige take soos die invul van data, ondersteuning by finansiële verslagdoening, en die byhou van rekordstelsels.
- Assisteer met finansiële administrasie en algemene kantoorpligte.
- Werk saam met senior rekenmeesters om die daaglikse operasionele vereistes te ondersteun.