PLIGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE · Finansiële beheer en nagaan van kontroles · Alle administrasie met betrekking tot debiteure en krediteure · Statutêre opgawes (BTW, POPIA, FSCA) · Maandelikse rekonsiliasies van grootboek · Instandhouding van registers (vaste bates, risikos, aandele) · Opstel van bestuurstate en begrotings · Versekeringseis administrasie · Operasionele/bedryfs- en kantooradministrasie · Verslagdoening aan bestuur · Ander ad hoc- en diverse funksies soos vereis MINIMUM VEREISTES Toepaslike naskoolse opleiding in rekeningkunde (rekeningkundige graad sal n sterk aanbeveling wees) Voldoende kennis en ervaring (2 tot 5 jaar) van rekeningkundige teboekstelling Operasionele kennis ten opsigte van n finansiële dienste onderneming sal in u guns tel Sistematiese persoon met sterk kommunikasievaardighede, skriftelik en mondelings Kennis en vaardighede veral in Microsoft Office is n voorvereiste Kennis en ervaring van Syspro ERP stelsel sal voordelig wees Goeie administratiewe, finansiële en organisatoriese vaardighede en in staat om veelvuldige take gelyk te kan hanteer