Hierdie gevestigde uitvoer tafeldruif & sitrus groep beskik oor n beroepsgeleentheid vir n dinamiese, energieke en stelsel-gerigte persoon om by hul suksesvolle bestuurspan aan te sluit. SENIOR REKENMEESTER (AUGRABIES OMGEWING) Vereistes: - Aansoeke van goed georganiseerde, presiese individue met bogemiddelde syfervaardigheid, ondersteun deur B.Com Rek graad in Finansiële rekeningkunde, of gelykwaardige kwalifikasie, met voltooide klerkskap, ondersteun deur minstens 5-10 jaar ondervinding in verkieslik die landbou of vervaardiging omgewing word ingewag. - Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede. - Tegniese analitiese vaardighede, met bogemiddelde rekenaarvaardighede in Xero en Excel. - Die vermoë om beide onafhanklik en as deel van n span te funksioneer. - Kennis en ervaring van Business Intelligence Tools (BI) en SQL sal voordelig wees. Die suksesvolle persoon sal ondermeer verantwoordelik wees vir: - Die byhou van finansiële rekords en verslae, wat insluit maandelikse bestuurstate en verwante verslagdoening. - Begroting en kontantvloei projeksies. - Bankrekonsiliasies. - Krediteure betalings. - Statutêre opgawes. - Byhou van bateregisters. - Koste analises en bestuursrekenkundige funksies. - Hantering, ondersteuning van finansiële oudits. - Opstel van finansiële state. - Algemene finansiële administrasie. Daar word mededingende vergoedingspakket aan die pos gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding Alle aansoeke sal streng vertroulik hanteer word. Stuur CV, met verwysing MOSR , voor 15 Februarie 2025 aan recruitmentovdm.co.za Indien u nie binne drie (3) weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was