Gesin is op soek na 'n betroubare en verantwoordelike Au Pair met eie vervoer om kinders te help in Nelspruit, Mpumalanga Vereistes: Moet Afrikaans eerste Taal wees Betroubare en veilige eie vervoer met 'n geldige bestuurslisensie. Vorige ervaring met kinders (Au Pair-ervaring is 'n voordeel). Moet kinders kan ondersteun met hul huiswerk en aktiwiteite. Moet stiptelik, georganiseerd en liefdevol wees. Beskikbaar om weeksaande (en soms naweke) te werk. Posbeskrywing: Kinders vervoer na en van skool en buitemuurse aktiwiteite. Basiese hulp met huiswerk en opvoedkundige speletjies. Toesig hou en sorg vir die kinders se algemene welstand. Indien jy aan die vereistes voldoen en belangstel, volg die skakel om aansoek te doen.