Verantwoordelikhede: Die Junior Plaasbestuurder sal onder die toesig van die eienaar van die plaas werk en sal betrokke wees by al die aspekte van die dag tot dag take van die boerdery ten einde te verseker dat die graan- en kleinveeproduksie doeltreffend en winsgewind sal funksioneer. Opleiding en vaardighede: Graad 12. n Tersiëre kwalifikasie sal voordelig wees Geldige kode 14 lisensie Meganiese vaardighede Goeie begrip van gemengde boerdery Ondervinding: Ondervinding in die landboubedryf is noodsaaklik. Praktiese ondervinding in chemiese bespuiting en kalibrasie sal voordelig wees. Interpersoonlike vaardighede: Uitstekende leierskapsvaardighede. Die geskikte kandidaat moet n span kan lei en motiveer. Uitstekende probleem oplossingsvermo. Selfgedrewe en ambisieus. Energiek en hardwerkend. Bereid wees om op grondvlak te werk. Hoë standaard van professionele en persoonlike integriteit.