SSK , n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming, beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid in die Langkloof Area . Veldbemarker Die suksesvolle kandidaat sal aan die Takbestuurder Krakeel rapporteer en skakel met kliënte in die vermelde bedieningsgebied. Minimum vereistes behels onder meer n Graad 12 (Matriek) kwalifikasie, tweetaligheid (Afrikaans en Engels), goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede, n doelwit gedrewe en bemarkingsgeoriënteerde benadering asook die vermoë om gesonde sakeverhoudinge te bou en instand te hou. n Geldige Kode EB (Kode 08) bestuurderslisensie is n vereiste. Toepaslike ondervinding met kennis van veral kleinvee, veeartseny, appels, pere, asook die SSK Agriland produkreekse in die breë, sal as aanbeveling dien. n Toepaslike tersiêre kwalifikasie en/of bewys van opleiding sal u aansoek versterk. Dit is n vereiste dat die suksesvolle kandidaat in die vermelde bedieningsgebied woon of na die bedieningsgebied verhuis. In ruil vir u prestasie en bydrae tot SSK se sukses en groei bied ons, ooreenstemmend met u kwalifikasies en ervaring, n mededingende alles-insluitende vergoedingspakket. Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by of kan by talentssk.co.za aangevra word. Rig u volledig voltooide aansoek, tesame met n dekbrief en n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding en n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan aan Lara-Jay van der Walt by talentssk.co.za. Vermeld asseblief duidelik die vakature (posbenaming en standplaas) waarvoor u aansoek doen. U aansoek moet nie later as Vrydag 10 Januarie 2025 ingedien wees nie. Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK behou die reg voor om nie enige vakature te vul nie. SSK is n gelyke-geleentheid werkgewer.